R 12 000 | 2 bed property to rent in brackenfell

Property Description

Hierdie wooneenheid in die Othello aftree-oord bied al die positiewe punte wat u verblyf aangenaam sal maak. Die woonstel front noord, wat veral help om die warm winterson in te nooi. Die woonstel is ook op die grondvloer, wat toegang tot die wooneenheid vergemaklik en interaksie met mede-inwoners bevorder. 'n Verdere pluspunt is die enkelmotorhuis en toegewysde parkeer plek. In die hoofgebou is daar geriewe soos 'n eetsaal, waar etes teen bykomende vergoeding aangebied word, wasserygeriewe, 'n biblioteek en 'n dameskroeg met snoekertafel waar vriende mekaar in 'n ontspanne omgewing kan ontmoet. 'n Verskeidenheid van mediese dienste is vir inwoners beskikbaar na gelang van behoefte. Groot sorg is geneem om die veiligheid van die inwoners te verseker. Die aftree-oord is omhein met 'n elektriese omheing en die toegangshek word 24/7 deur wagte beman terwyl die omheining ook op 'n gereelde basis gepatroleer word. Die wooneenheid bied die volgende: 'n oopplan sit/eetkamer gedeelte met 'n lugreelaar 'n kombuis met granietoppervlakte en onder-toonbank oond en spenskas 'n badkamer met 'n groot stort en warm handdoekreeling 'n hoofslaapkamer met 'n 4-deur kas 'n tweede slaapkamer met 'n 4-deur kas Die agterdeur van elke eenheid bied toegang tot 'n groot, onderdak atrium waar vriende en groepe kan vergader. MAANDELIKSE KOSTE IS AS VOLG: 1) Maaltyd bybetaling = R177 per persoon. 2) Medwell = R222 per persoon 3) Ombud R31.96 4) City wide cleaning = R57.70 5) Elektrisiteit = kragmeter Availability: 2026-11-01


Property Details

Rental R 12 000

Type of PropertyApartment

Last Updated03 Sep 2026

Rooms

Bedrooms2

Bathrooms1

External Features

Garages1

Property Location

Similar Property in nearby suburbs

Agent

Hans Bluhm

Share        

Add Email Alert
To receive emails for similar properties in Brackenfell!


Close